In Suid Afrika sedert 7 Mei 1714 2017/01/06
Fees Program  

©Material published on this website belong to the van der Linde Bond and/or those that submit material to be published

Hierdie webblad/domain is geborg deur Eridanus Optics CC

Met dank aan Eridanus Optics, een van die borge van die feesnaweek, wat gereel het dat daar 2 teleskope, waarmee daar deur die dag na die son gekyk kan word, op die terrein was. Die twee teleskope spesifiek so saamgestel dat daar na die verskillende fassette van die son gekyk kon word.

3 Jong maar kundige operateurs, met van der Linde bande, was gereel om die teleskope te beman.

Die son het nie teleurgestel nie. Daar was ‘n totaal van 6 duidelik sigbare sonvlekke op die oppervlakte van die son wat met die dobsonian waarneembaar was.

Verder het die Lundt son teleskoop ‘n geweldige son uitbarsting aan die rand van die son getoon. Een van die jong gaste het die son deur die oogstuk van die teleskoop met sy selfoon kamera afgeneem en die pogings word goedgunstelik deur hom vir die webblad beskikbaar gestel.

Daar was ‘n paar gaste wat ook die aand na die sterre gekyk het. Saturnus was een van die hoogtepunte. Die Suiderkruis was ook aan ‘n paar belangstellende gaste uitgewys.

Ons wil dan ook graag die teleskoop operateurs bedank, vir al die ure wat hulle in die son moes deurbring. Hulle het met ywer  hulle kennis gedeel om die interesanthede, wat op die son sigbaar was, aan ons te uit te wys.

Teleskope

Fotos van die Son: Martin Marais

Fotos van die Fees: Marthie Bredenkamp

Tuisblad