In Suid Afrika sedert 7 Mei 1714 2017/01/06
Fees Program  

©Material published on this website belong to the van der Linde Bond and/or those that submit material to be published

Hierdie webblad/domain is geborg deur Eridanus Optics CC

Geskiedkundige Items op die van der Linde 300 Fees

Heelwat geskiedkundige items was tydens die fees in vertoonkaste uitgestal. Al die items het interesante stories wat ook deel van die item was. Onder andere was daar heelwat Familiebybels met stamboom registers op die voorblaaie en 2 kieries wat as familie erfstukke van geslag tot geslag oorgedra was, uitgestal. Sien die foto gallery  hieronder. Daar is te veel items om elkeen se storie te kan vertel. Vir nou word die stories van die 2 kieries hieronder verhaal.

Die oudste kierie het het aan Hester Sophia Susanna (Anna) van der Linde (geb Britz), dogter van Johan Nicolaas Britz, eerste eienaar van Bloemfontein, behoort.  Sy het die kierie aan haar seun Johan Nicolaas van der Linde *25 Julie 1866 †9 September 1931 Nagelaat.  Hy het dit weer aan sy kleinseun Johan Nicolaas van der Linde *7 Augustus 1930 †28 Mei 1995 nagelaat.


Die volgende (knob)kierie is in die Boere krygsgevange kamp te Port Alfred deur Isaac Johannes van der Linde  *14 Oktober 1874 †20 Mei 1954, gemaak. Hy het dit aan sy seun Izak Johannes van der Linde *7 Maart 1911  †13 Mei 1975 nagelaat.  Hy het dit weer aan sy seun Izak Johannes van der Linde *13 Februarie 1936 nagelaat. Die kierie word aan sy seun Anton van der Linde *19 Maart 1965 gegee wat dit weer op sy beurt aan sy seun, Anton van der Linde *25 Maart 1996 gegee het.

Baie dankie aan elke uitstaller wat bereid was om die besondere items, vir uitstalling op die fees, beskikbbaar te stel. Elke produk wat uitgestal was het ‘n besonderse geskiedundige waarde aan die geleentheid verleen. Ons hoop om meer items op die volgende geleentheid te kan uitstal.

Fotos van die Fees: Marthie Bredenkamp

Tuisblad