In Suid Afrika sedert 7 Mei 1714 2017/01/06
Fees Program  

©Material published on this website belong to the van der Linde Bond and/or those that submit material to be published

Hierdie webblad/domain is geborg deur Eridanus Optics CC

Almal wat die fees bygewoon het was dit eensgesind dat ons meer gereeld feeste moet reël.  Hou solank die naweke rondom 24 September volgende jaar oop vir nog 'n fees in die kleine - moontlik net 'n bring-en-braai byeenkoms.  

Die nuwe bondsbestuur sal die volgende feesdatum op die eersvolgende vergadering vasstel.  As jy graag betrokke wil wees, en jou naam nog nie deurgegee het nie, stuur 'n epos aan info@vanderlinde.org.za.  

Die volgende GROOT fees word oor vyf jaar beplan.  Hou ook hier die naweke rondom 24 September oop sodat ons weer ons erfenis behoorlik kan herdenk.  Johan het reeds aangedui dat hy weer die Swallows Inn terrein gratis beskikbaar sal stel, maar as u van ander geskikte terreine weet sal ons dit beslis oorweeg.

Daar is steeds gedenk CD’s, wat op die fees vir R50-00 verkoop was, beskikbaar. Indien u sou belangstel om nog van die CD’s te koop is u welkom om Andrie by die bogenoemde e-pos adres te kontak.

Marthie Bredenkamp (sien Borge) was die fotograaf en sy het heelwat familie groep foto’s ook geneem. Al hierdie foto’s gaan op ‘n gedenk cd geplaas word (Prys sal nog bepaal word maar sluit posgeld uit). Die CD sal aan almal beskikbaar gestel word. Van die fotos is ook hier op die webwerf geplaas. ‘n Spesiale gedenk CD sal saamgestel word, wat genommerd sal wees, met al die nuutste inligting soos bygewerk na die familiefees en al die foto’s van die naweek. Hou gerus ‘n oog oop vir meer besonderhede.

Daar was heeldag musiek met dank aan DJ Gerald Blocklyk.

Daar was ook boeresport items gehou, tot groot vermaak van beide toeskouers en deelnemers. Daar was ook genoeg kos om almal se honger te stil.

Sondag was die fees met ‘n gedenkdiens, waargeneem deur Ds Abel Erasmus, afgesluit.

Laastens wil ons almal wat betrokke was met die feesreelings en wat gehelp het met die fees, bedank vir die harde werk. Die fees was in 2 woorde: Ongelooflik Fantasties.

Terugvoer van der Linde 300 Fees

Fotos van die Fees: Marthie Bredenkamp

Tuisblad