In Suid Afrika sedert 7 Mei 1714 2017/01/06
Fees Program  

©Material published on this website belong to the van der Linde Bond and/or those that submit material to be published

Hierdie webblad/domain is geborg deur Eridanus Optics CC

Met dank aan Blyfontein Kwekery, een van ons Borge het ons ‘n paar Kruisbessie bome (Grewia occidentalis) gehad as pryse. Die Kruisbessie boom is die inheemse Suid Afrikaanse verteenwoordiger van die Linde boom familie. Die boom was ook in 2013 Boom van die jaar.

Johan van der Linde, eienaar van Swallows Inn en een van die Borge, het ‘n boom ontvang vir al sy bydraes en opofferings wat hy gemaak het. Sonder hom en sy familie sou die fees nie moontlik gewees het nie. Johan weereens baie dankie vir al jou moeite, opofferings en bydraes waarsonder hierdie fees nie moontlik was het nie.

In ons pret kompetisie het die volgende persone elkeen dan ook ‘n boom gewen:

Oudste Persoon by fees:  Hannie van der Merwe (Skoonsuster van Tea Jeanne van der Merwe (geb. van der Linde)).  Hannie is gebore op 7 November 1922 en is 91 jaar, 10 maande en 14 dae oud! (Tweede Oudste persoon was Trudy van der Linde wat op 18 November 2014 84 jaar oud word, Op die fees was sy dus 83 jaar 10 maande en 3 dae oud)

Jongste persoon by fees:  Eduan, seun van Jan en Natasha Theron.  Eduan is gebore 14 Mei 2014 en was tydens die fees  vier maande en ses dae oud.

Langsgetroude paartjie verteenwoordig by fees:  Johan en Maria van der Linde is getroud op 29 Maart 1969 en was tydens die fees 45 Jaar, 5 maande en 22 dae getroud.

Jongsgetroude paartjie by fees:  Jan en Natasha Theron is getroud op 27 Maart 2010 en is vier jaar, vyf maande en 24 dae getroud.

Persoon wat verste gereis het: Marnus de Jager (sv Petrus Benjamin de Jager en Marie Antoinette van der Linde) wat 2400km gereis het vanaf van Kitwe in Zambië

Naaste verjaarsdag aan 7 Mei, die dag wat Gerrit by die Kaap aan wal gestap het:  Kobus van der Linde wat op 10 Mei 1951 gebore is.

Belangrik en steeds oop vir Inskrywings

Die 5 ster Hotel, African Pride Mount Grace Country House & Spa, (sien Borge) het 'n 2 nag vir twee persone pakket (R5000) tesame met 'n spa geskenkbewys (R350) geskenk vir 'n gelukkige trekking.  Johan het ook 'n nag vir twee persone by Swallows Inn (R1000) geskenk as tweede prys.  Laat weet ons as jy in lyn wil staan vir hierdie trekking.  

Kaartjies word verkoop teen R50 elk. Die inskrywings sluit op die volgende vergadering van die Bond bestuur en die trekking sal dan plaasvind.

Kontak die feeskomitee by info@vanderlinde.org.za vir inskrywings besonderhede. Wenners sal hier gepubliseer en per e-pos verwittig word.

Pryswenners op die van der Linde 300 Fees

Foto van die Kruisbessieblom: plantzafrica

Tuisblad